Tuesday, 29 September 2009

So nou is ons in feeverhaal land

Julle ken die veeverhale, Hansie en Grietjie, Rooikappie, ens. Daar waar al daai donker woude voorkom. Ons gesin woon nou al 2 jaar hier in die Swartwoud. Hoekom hy swart genoem word weet die hemel alleen, want hier is alles wit. Wit asblik manne, wit poets vroue, wit trok drywers, wit straat veers, ja nee, hier doen die boere alles self. Dis asof ons weg is uit die besigste land in die wêreld en gekom het na ´n land wat nog net in storieboeke bestaan. Ons was verslaaf aan adrenalien waar ons vandaan kom, en was meeste van die tyd high. Nou ondergaan ons vreeslike ontrekkingssimptome. Jy kon ons maar netsowêl in ´n time machine gedruk het en ons ´n honderd jaar teruggestuur het in die verlede.

So wat nou? Nou moet ons leer fietsry van vooraf, ons moet met ´n rooikappie mandjie na ´n regte ou bakkery toe gaan en broodjies koop wat hulle net soos 200 jaar terug gebak het koop, ons moet ´n ander taal praat want (en dis genuine) hulle kan NIE ingels hier praat nie. Ek onthou nog toe ons nog in die kar gespring het en bottelstoor toe gery het om ´n sixpack te gaan koop al was die winkel net ´n blok weg. Hier stap mense flippen vêr om iets te gaan koop of net om te stap. Ek en manlief ry nou die dag fiets en lag ons nog morsdood oor wat ons nou juis aanjaag. Ek was uit asem uit maar trap redelik hard toe hier van agteraf ´n tagtig jarige ou blikskottel sy klokkie lui om verby te kan gaan en steek my verby teen ´n honderd km per uur. Nou vra ek jou watse slap gatte ons nou eintlik geword het. Ek kan nou rêrig baie sê van die ou generasie germane maar sal dit los vir my volgende post.