Saturday, 23 April 2011

Die Boom Storie!!!!

Ek is nou al op die aftraende se kant, maar ek is altyd oop vir iets opwindends, make no mistake.  8 Jaar terug het ek saam met ´n vriend twee genuine diep trekke boom gevat.  Ek het dalk nie reg getrek nie of die boom was crappy qualiteit.  Miskien êrens van ´n koelie supplier wat weer wou geld maak.  Maar ek het gister weer gedink ek try dit nou.  Die goed was groen en in so ´n snaakse bolletjie gedruk.  Toe word dit vir my gegee en ek trek toe nou regtig diep, soos wanneer ek trek as ek gaan scubadive.  Ek voel niks en dag ek trek maar nou weer, so lekker diep.  Nog niks!!!  Ek herhaal die proses 4 keer!!!  Ek sê nog ewe, ek voel niks.  Die volgende oomblik voel dit asof ek nie meer bestaan nie.  Ek kon netsowel ´n spook gewees het wat na alles van ´n distansie af bekyk.  Ek wat altyd so baie in my brein kan verwerk en wie se brein 24/7 werk en wat aan duisend dinge in ´n sekonde kan dink.  Ek kon nou aan niks meer dink nie, dit was die ergste gevoel wat ek in my lewe gehad het.  NIKS...daar was niks ek dag ek vrek.  Ek kon vir ´n oomblik nie verstaan dat so baie jong mense hierdie goed rook nie.  En hoe op aarde kom hulle deur ´n dag as hulle nie meer daar is om dit te beleef nie.  Ek sweer, ek dag ´n minute is ´n uur.  Alles het verby gegaan in slow motion.

Dis nie dieselfde gevoel wat jy kry as jy te veel suip nie....Nee o blikemmer, dis erg!!!  Ek sê jou nou, jy leef in hierdie wêreld net met jouself alhoewel jy aan niks dink nie.  As iemand dan met jou praat, dan vat dit vir ewig om te klick wat gesê is en probeer dan net weer iets terugsê.  Ek was so kwaad, ek wou net uit hierdie lyf wat so dom was, wat vertraag was, wat nie meer aan alles kon dink nie.  Geen wonder die polisie is so flippen streng op die k@k nie.  Wat bestuur mense nog kar as hulle so voel.  Wie op aarde kan nog dink om in ´n kar te klim in hierdie toestand.  Ek glo nie ek sou in my lewe ´n verslaafde kon word nie.  Ek klink nou soos ´n ou vrou maar as ek nie beheer het oor my lewe nie, weet ek nie hoe ek sou kon leef nie.  Ek dag ek is ´n vertraagte mens, wat met breinskade gebore is.  En ek het vir 6 ure lank so gevoel.  Ek dink dis hoe mense met breinskade voel.  Hoekom wil gesonde mense soos iemand met ´n afwyking voel.

EK VERSTAAN NOU DIE WÊRELD NOG MINDER AS VOORHEEN.......

No comments:

Post a Comment