Wednesday, 13 April 2011

Dis Tyd!

Ek dink dis tyd om nou weer te begin blog.  Ek sit en lees die blogs van ontelbare ander maar skryf nie my eie ondervindinge neer nie.  daar gebeur soveel met ons gesin en ek vind dit jammer om dit nie neer te skryf wat ons alles beleef hier in Duitsland nie.  Daar is soveel "ingelse" bloggers hier in Europa en snaaks genoeg is baie van hulle skrywers.  Hoekom is dit so?  Skrywers!  Eish, ek voel skoon uit.  Ek´s maar net ´n ou verteenwoordiger gewees wat met al die groot goewerment instansies gewerk het.  Ek moet sê, ek het al in Krygkor ingekom en in meeste groot gevangenisse.  Al die afdelings in Voortrekkerhoogte.  Lugmag, vloot, polisie. Ek het vreeslike belangrike goed verkoop.  Lawnmowing equipment!  Sonder dit sou al daai militêre instansies oerwoude gewees het.   Ek is nie ´n goeie skrywer nie maar ek het my deel in SA gedoen.  Nou verkoop ek wyn!!!!  Ek wat niks van wyn ken nie, of geken het nie.

Ek het part nommers geruil vir jaargange, ek kan vir jou sê hoe die wyn geproduseer word, die verskillende soorte, en met watter kosse hulle mee geniet kan word.  Ag, hoe drasties my lewe verander het hier in Duitsland, en ek is dankbaar dat ons hierdie kans gegun is.  Partykeer kry ek sommer stuipe oor die mense hier, want in my persoonlike opinie is hulle die eienaardigste nasie wat lewe.  Hulle dink hulle woon 10km oor die aarde op hulle eie planeet.  Maar ek kan daarmee leef en ons word beskou as die eksentriese element in hulle dorp.  Ons "conform" net nie, maar word aanvaar as deel van hulle.  So as ons dinge aanvang wat nie as normaal beskou word nie, word dit maar aanvaar omdat ons maar is wat ons is en al die probeer in die wêreld kan ons nie in "Nekromongers" verander nie. (kyk die fliek Riddick).  In die begin was hulle houding "conform or die".  Het hulle regtig gedink ons is sulke slapgatte?  Ons is boere.  Mens kan ons nie onder kry nie.  En die feit dat ons (wat uit SA kom) nie swart is nie, is nog ´n groter skok vir hulle of dalk ´n teleurstelling miskien.  Hulle laaik daai mensies so baie omdat hulle nie wit is nie.  En as ek weer moet hoor hoe ons(wit mense) die arme ou swartetjies behandel het, kraam ek 10 ystervarke.  Ek wonder of hulle geheue so kort is dat hulle van die oorlog vergeet het en die "arme " joodjies.

My man is ook nie skaam om te sê hy´s ´n boer nie alhoewel dit verwag word dat ons dit moet sê met skaamte agv. "die Apartheid".  For vark steaks, ek wens mense sal ou koeie nou eens en vir altyd los.  Buitendien, hulle het nie ´n cooking clue oor wat in SA gebeur het nie.  My jongste meisiekind het nou die dag vir haar aardrykskunde onderwyseres gesê dat Mandela ´n terroris was.  Die blêrrie ding het haar uitsekel as ´n rassis.  Verbeel jou, ek het amper die stuipe gekry.  Wie is nou die eintlike rassis.  Sy het toe daai aand gaan oplees en die waarheid agter alles agtergekom en die volgende dag mooi netjies om verskoning gevra.  As ek nie die vriendelike, goed opgevoede, Suid Afrikaner was wat van my verwag was nie, het ek sowaar gemaak soos elke ander Duitser en die skool gedagvaar vir menseregte skending.  My kind is gebore na die hele verdomde apartheid ding, en het niks met die hele affêre te doen nie.  Hulle kan bly wees dat ek ´n Suid afrikaner is anders het hulle te doen gehad met hulle eie nasie, wat vreeslik laaik om mekaar in die rug te steek.  Maar in die algemeen swem ons maar saam met die stroom en neuk voort in hierdie groot onbekende.

Dis al vir vandag....

No comments:

Post a Comment