Saturday, 23 April 2011

Ons ou vriend Marius.......

Ons woon nou al 4 jaar in Duitsland en so baie het met ons gebeur dat ek partykeer dink ek droom.  Daar is net dae wat ek aan die wat agtergebly het moet dink en aan die goeie herinneringe wat ons van hulle het.  Maak nie saak hoe lekker ´n mens bly in die nuwe land nie, daar is altyd daai wens om weer met ons ou pêlle te kan kuier om daai vuur en al die grappies weer te kan hoor en vertel en te kan kla oor die politiek en die groenes wat alles net opneuk.

Ek mis ou Marius die meeste.  Ons het amper almal saam grootgeword en oudgeword.  Ons is nie so oud nie maar julle sal seker weet wat ek bedoel.(baie saam deurgemaak).  Ons het Marius en Yvette(sy vrou) ontmoet toe my man R, gehoor het dat daar iemand in die dorp was wat sy big six wou verkoop.  Blykbaar het die ou self sy big six opgetune en die ding het baie krag gehad.  Ek was nie een vir sulke karre nie, maar daai tyd was dit die in ding tussen jong mense.  Ons was almal in ons vroee twintigs en het sommer dadelik geklick.  Die groot probleem was, was dat Marius blind was.  Hy het gedice en ´n ander kar het voor hom ingery.  Die voorste ruit het nie Shatterproof glas gehad nie en die impact het die ruit gebreek en glas het sy oé stukkend gesteek.  Hy is toe daai tyd Baragwanath hospitaal toe gevat.  Daar het hy in die gang gesit en wag vir ´n dokter, maar teen die tyd wat die dokter gekom het was al die vloeistof al uit marius se oé uit.

Die ou is nou nie ´n gewone ou nie.  Hy kan nie sien nie, maar is die mens met die meeste humor wat ek nog ooit raakgeloop het.  Ons het na die eerste ontmoeting vir die volgende 21 jaar gereeld gekuier.  Hy was altyd die middelpunt van die party.  Man, ek mis vir Marius-hulle.  Ons het altyd sulke groot bring en braais gehou en almal het sommer altyd dadelik Marius gelike.  Die grappe wat hy kon onthou, die een na die ander...die stories wat hy vertel het van sy blindheid.  Dit was iets om te beleef.  Hier is een van Marius se stories.....

"Ek en Yvette het een aand laat gekuier en het eers laat by die huis gekom.  Yvette trek die kar in die garage en ek wag toe vir haar om oop te sluit.  Sy ly my in en ons gaan kamer toe.  Ek sit op die bet en Yvette fluister vir my dat sy iets in die kombuis gehoor het.  Ek voel toe onder die bet vir my baseball bat en sê vir Yvette dat sy voor moet loop en ek sal aan haar vashou tot in die kombuis.  Nee, sê sy, loop jy voor en ek stuur jou van agter af.  Ek hou daai baseball bat voor my en Yvette stuur my rigting kombuis.  dit gebeur nou alles in die donker want Yvette wil nie die ligte aansit nie, en vir my is dit in elk geval onnodig.  Ek kom toe die kombuis in en Yvette skreeu daars iemand, SLAAN Maruis SLAAN.  Ek voel iets in my gesig en slat die Bliksem voor my stukkend.  Yvette sit toe die lig aan en sê ek moet ophou slaan.

Ek vra toe of ek hom doodgeslaan het?  Sy vertel toe dat sy haar misgis het en dat die boy wat sy gesien het was toe ons labrador wat op sy agterpote gestaan en deur die venster gekyk het.  Die venster was gebreek en die wind het altyd daar ingewaai.  Dis hoe die gordyn wat dan deur die wind gewaai is in my gesig vasgewaai het en die outa wat ek amper doodgeslaan het was die splinternuwe yskas wat ons die vorige week gekoop het!!!"

Haai Marius, ons het ons amper doodgelag om daai braaivuur, maar dit moet vir jou ook hel wees om so deur die lewe te gaan.  Ons dink baie aan julle, hoor.....

No comments:

Post a Comment