Tuesday, 19 April 2011

Selfmoord

Ek het al baie gelees van selfmoord en gehoor van mense wat mense geken het wat selfmoord gepleeg het.  My skoonma het blykbaar toe sy jonger was probeer selfmoord pleeg.  Sy het dit getry met Rattex.  Weet jy hoe Rattex proe.  Hoe op aarde kan ´n mens so iets probeer sluk met die wete dat jy gaan stol oor ´n rukkie.  Ek meen as jy nou die goed sluk en wag om styf te word, en jy skielik besluit die selfmoord ding is nie vir jou nie, wat doen jy dan.  Wat van slaapille, ek het al daarvan ook gehoor.  Dink net, net voor jy uitpas en vir ewig gaan slaap besluit jy, shit ek wil nie meer vrek nie.  Hoe op aarde dan?   Al wat jy dan wil doen is slaap.  Dan is dit die pols snyers....hulle sny daai polse en loer die heel tyd hoe die bloed daar uit jou uitloop.  Blykbaar word jy so swak dat jy nie meer kan beweeg nie.  Daar het ons nou dieselfde deng.  Jy bloei jou amper uit en dink dan bietjie logies en besef jy´s freaking mal en wil gou iemand roep maar jy kan nie eers jou mond oopmaak en ´n klank daar laat uitkom nie.  Dan is jou chips gecash ou mater!!!

 In Suid Afrika het mense ook baie selfmoord gepleeg deur die koeel.  Die koeel het die vinnigste gewerk behalwe as jy nou genuine wil misskiet.  Wat van hang?  Dis die snaakste.  Dink net hoe bewe jy as jy daai tou moet knoop.  Ek het ´n ou Tannie op die plaas langsaan geken wat bietjie mal was.  Ons het haar almal ou mal Tannie Mattie genoem.  Sy wou eendag haarself hang in die kombuis en wag toe dat haar man nie by die huis was nie.  Sy gooi toe daai tou oor ´n balk in die ou plaaskombuis en staan op ´n ou krat om die ding nou om haar nek te sit.  Toe sy van daai krat afspring toe rek die flippen tou en sy staan toe heeldag tot ou oom Piet teruggekom het daar in daai kombuis op haar tone. Toe ons dorp toe trek was daar ´n ou wat om die hoek van ons, Doom gedrink het.  Hy het sowaar baie erg gedooi.  Nou hier in Duitsland is die mense nie so dapper soos die manne doer in die suide nie.  Nee hierdie goed is lafaarde of miskien het hulle net nie kreatiewe minds nie.  Hulle kan nie aan iets oorspronkliks dink nie.  Hier is die enigste manier van selfmoord pleeg -spring voor die trein in.  Elke so af en toe hoor jy op die radio dat daar nog iemand voor ´n 300km per uur trein ingespring het.  Dink net, dis soos wanneer mens ´n brommer raakry.  Splat teen die ruit.  Ek glo nie dat daar iets van jou oorbly nie.

Nou, ek was so na aan die dood vanoggend soos nimmer of de nooit nie.  Die saak staan so.  Ek het soos altyd my stort gevang en wou toe die nuwe "baba" shampoo gebruik.  Ek wou so lekker ruik soos Elizabeth Annes my kinders laat ruik het toe hulle klein was.  Ek vat toe daai mooi lemmetjie groen botteltjie met die prentjies van teddiebeertjies op en gooi van daai goed toe op my kop.  Die goed skuim toe vreeslik lekker en ek spoel toe die goed af.  Die water loop oor my gesig en ek maak my mond oop om in te asem.  Ek dag ek vrek net daar.  Die goed pro soos arseen.  Altans ek dink arseen proe so!  Ek spoeg , ek spoel my bek uit, seker 10 keer maar die goed brand my mond al die pad.  En hulle sê dis babasjampoo!!!!  Geen wonder kleintjies huil so as hulle hare gewas word nie.  Hulle is besig om ´n gif aanval te kry.

Kyk, ek belowe julle, as iemand nou genuine wil selfmoord pleeg, e-mail my!! Ek stuur vir julle van dié goed. Net ´n sluk dan´s jou tickets gepunch.  Jy moenie vergeet om die goed met baie water te verdun nie...........

No comments:

Post a Comment