Friday, 20 May 2011

Vullis!!!!

Nou weet ek nie meer nie.  Ek woon in ´n land waar rommel en vullis die hoogtepunt van ´n mens se dag word, vir my altans!  Toe ons in die Suidpunt van Afrika gewoon het het ons mos alles in een verdommde swart sak gegooi en op die pavement gesit.  Ons het nie meer geworrie oor die goed nie.  Oppie plaas het ons alles altyd in ´n ou kuilvoer gat gegooi, bietjie diesel daaroor gemoker en aan die brand gesteek.  Nou, ek is bietjie vir die Greenpeace klomp want ek dink genuine dat mens iets vir onse mooie wêreld moet doen om hom langer te laat bly bestaan of so te sê vir ons ´n beter plek te wees om in te leef, maar dié Duitsers oordryf so bietjie baie hier jong!!!

Hier moet alles wat as vuilgoed beskou word seperaat weggemoer word.  Alles in verskillende blikke.  Elke gesin hier het 3 blikke en ook geel sakke.  So m.a.w ons moet alles wat ons weggooi in vier verskillende plekke plaas.  Dan is daar ook meubels wat spesifieke tye opgellai word en Elektriese goed soos TV´s en daai gemors word êrens anders weggegooi.  Tuin afval, soos takke ens. word weer op ´n ander plek gegooi.  Staal ens. Weer een keer per maand by die treinstasie.  O, ek het nog vergeet van glas.  En ou klere.  En verfblikke.   Nou kom ek verduidelik dit baaaaie mooi sodat almal kan verstaan hoe de moker in ek word.

die Blou blik:  Papier- Koerant papier, karton, tydskrifte, advertensie blaaie, koeverte, briewe, printer papier, toilet rolle, smartie boksies, Kellogs bokse, die pakkies waarin jy suiker koop, verjaarsdag kaartjies, krismis kaartjies, koekie boksies, sigarett boksies(sonder die plastiek omhulsel en die silwer papier binne-in), ou trein kaartjies, eier boksies, klere tags, ou till kwitansies, ag vedomp sommer alles wat ek as papier kan beskou.  Nou het ek ´n probleem.  Ons mag nie kombuis wipes in die kakhuise afspoel nie want dit stop die pype want die kombuisrolle is nie soos toilet papier nie, dit breek nie uitmakaar uit as dit in aanraking met water kom nie.  So nou wil ek weet, gooi ek dit ook nou in die blou papier blik?  En wat van tissues?  Hulle vergaan ook nie soos k@kpapier nie, so moet ek hulle ook in die blou blik gooi?

die Bruin blik:  Kos- Alles wat nie geeet word nie.  Slaai, bene, vleis, ou artappels, lemoenskille, slap aartapel mash, oats pap, half gekoude chocholate, vrot appels, koek, brood, tee sakkies, koffie sakkies.  Nou wil ek weet, daai sakkies is mos nou nie kos nie, of hoe praat ek nou, en wat van die toutjie en die tag wat aan die sakkie nog is, moet ek dit ook nou afhaal in in die blêrrie blou blik gooi.  Shit man, ek raak nou vreeslik moerig.  Wat van blomme wat ek as geskent gekry het en nou verlep het???  Mag ek dit in die kos blik hel of moet ek nou 3km ry na die tuinvullis weggooiplek toe.  A nee a, man.  Dit raak nou gekompliseert.

die Geel Sak:  Alles wat herwinbaar is in die vorm van plastiek en kunstowwe, foelie ens.  Melk kartonnetjies, ingelegte kos blikke, deksels, joghurt bakkies, joghurt dekseltjies die aluminium goed, lemoensap bottels, foelie, cling wrap, koue vleis pakkies, kaas pakkies, kelloggs sakkies, chocolate papiertjies, shampoo bottels, vleis pakkies, pasta pakkies, brood sakkies.  Die sakkie waarin die koekies geseel is wat in die karton boksie is.  tandepasta tubes, deoderant blikke, toilet spray blikke, ek dink julle kry die idee.  En die kroon op die koek is dat alles skoon gespoel moet word voordat dit in dié geel sak beland. (Ek flippen sal nie, water is duur, man)

die Swart blik: Res vullis....huh wat beteken dit nou?  Bedoel hulle nou alles wat ek nie in die bogenoemde blikke en sakke kan gooi nie.  Waar gooi ek ou potlode of miskien ´n pen sonder ink.  Want die pen is van plastiek gemaak maar die punt is van wat weet ek.  Waar kom elektriese koorde.  Wat van ou wasgoed pennetjies, ´n ou hammer, spykers, skroewe, ´n ou skêr, kurkproppe, ou skoenveters.  Ou onderbroeke, kouse met gate.  Waarheen met die kat se bepissde sand.  Ek mag nie lee verf blikke in die geel sak vir plastiek gooi nie want verf is giftig, so waarheen daarmee?  Ou batterye mag ook nie in een van die bogenoemde blikke of sakke kom nie, daar is blykbaar ´n plek waar dit heenkom somewhere waar niemand weet nie.  Energy saving gloeilampe is die grootste gif, mag glad nie êrens kom nie.  En vroumense se maandelikse afval seker maar in die swart blik want dit mag nie in die k@khuis nie.

Jy mag nie verf uitspoel in die drein af nie want jy maak die water giftig, en die verfblikke moet apart weggegooi word.  Ek weet nou nog nie waar nie. Die roller moet mens dan ook wegmoer want die flippen verf mag nie in die drein beland nie.  Kar olie kos 15 € om te laat verwyder, kar bande kos 2,50 € per band as jy van hulle wil onslae raak, moenie eers praat van bakstene en sement rommel nie.  Waar gooi ´n mens ´n ou fiets en wat maak ek met ou kerswas?  Ons ou klere word in sakke gesit en in die rooi kruis dromme gegooi, maar oppas, dit moet nog drabaar wees, geen kouse met gate nie.  So waarheen met klere wat mens nie meer kan dra nie?

Die ou TV en DVD speler moet gelaai word en gevat word na die dorpie langsaan.  Maar dit net op Woensdae middae van 2 tot 5 namiddag.  En as jy altyd werk, waarheen dan met die gemors?  Karton bokse wat te groot is vir jou blou blik moet ook hierheen gevat word!  Die meubels wat mense nie meer wil hê nie word omtrend 2 keer per maand op die pavemant gesit.  Ek het nog nooit so iets beleef nie.  Sitkamer stelle, die mooiste goed.  Jy mag vat wat jy wil as dit daar staan, maar dit help alles niks, want try weer van dit ontslae raak.  Jy sal ´n hele huis kan dekoreer met daai goed.  Jy sal flippen ryk kan wees as jy net al hierdie goed kan laai in containers en ´n moeviese pandtjies winkel kan oopmaak in SA.  Hier word alles net platgedruk.  Dit maak my hart baie seer, maar nou ja.

Die bottels gaar op.  Alles wat pand op het vat ons garage toe en kry 15c vir glas koeldrank bottels en 25c vir plastiek.  Re-usable Coke bottels (plastiek) kry jy 15c.  Alles anders wat nie terug kan gaan vir pand nie word in die glas dromme gegooi.  Hulle staan gewoonlik waar jy gereeld moet gaan soos by die supermark of  êrens naby.  Daar is moerse blikke vir wit glas, groen glas en bruin glas.  Nou waar op aarde gooi ek die blou glas en die gekleurde glas koppies wat gebreek het.  Waar gooi ek die perfume bottels wat pink is of oranje is?  Niemand in hierdie plek weet waar ek porselein moet gooi nie.

Ag, ek flippen hardloop sommer weg.  Ek het nou ´n Soda Stream weer gekoop soos wat ons in Suid Afrika gehad het.  Nou is my bottel storie uitgesort.  EK HET NOU NIKS MEER OM TE SÊ NIE.  THE END!!!!

Wednesday, 4 May 2011

Eendag!!!!!

Eendag as die kinders groot is, gaan dinge in ons huis darem baie anders wees.  Die motorhuis sal nie meer vol fietse, Rolskaatse, elektriese treinspore, springtoue, vierwiel motorfietse, hondehokke en ou skool take staan nie.

Eendag as die kinders groot is, sal ek weer tyd hê om rustig aan te trek; ´n heerlike lang warm bad te neem sonder drie of meer paniekbevange onderbrekings.  Ek sal tyd hê om my naels, en selfs my toonnaels, te verf sonder om ´n dosyn vrae te moet beantwoord.  Ek sal my hare kan laat versorg sonder dat dit gepaard gaan met die toetsing van die volgende dag se spelling-huiswerk, of die beantwoord van noodroepe soos om die worshond veearts toe te neem, of die een kind na di dokter, ´n ander na die sokkerveld, ´n derde na ekstra klasse en ´n vierde netbal toe.

Eendag as die kinders groot is, sal die kombuis weer kraakskoon en netjies wees:  die wasbak sonder fettirige borde; die vuilgoeddrom sal nie permanent oorloop nie; die koelkas sal nie oorlaai wees met nege soorte koeldrank nie.  Die deksel van die soutpotjie, die tamatiesous bottel, die grondboontjiebotter sal nie meer wegraak nie.  Die waterbottel sal nie leeg teruggesit word en die ysbakkies vergete by die wasbak staan nie.

Eendag as die kinders groot is, sal die instrument wat ´n "selfoon" genoem word, nie meer so aanhoudend lui  nie.  Jy sal weet dat jy verkeerd was toe jy gedink het die selfoon is ´n ding wat uit ´n tiener se oor groei.

Eendag as die kinders eers groot is, sal ons weer deur al die vensters van die motor kan sien: Taai vingermerke, tonglekke, hondespoortjies sal in hulle afwesigheid skitter.  Pa sal nie meer hoef te herhaal nie: "Julle, hou asseblief die kar skoon, anders loop julle met julle voete.  Moenie die deure so toeslaan nie!"

Eendag as die kinders eers groot is, sal verstaanbare Afrikaans weer in ons huis gehoor word.  Elke sin sal nie  gepaard gaan met "Cool" of "Great" of "Awesome!" nie.  Ek en manlief sal in vrede dinge kan bespreek sonder die onderbreking van kinders wat mekaar deur die huis jaag met die honde agterna.  Ons sal n ie meer hoef te wag totdat die huis stil is omdat al sie kinders eindelik slaap om ´n volwasse gesprek te voer oor die gebeure van die dag nie.  Mal musiekmaak geluide sal nie meer deur die huis dawer sodat hoor en sien vergaan nie.  Daar sal n ie meer gestry word oor wie die reg het om watter TV-program te kyk en pa hoef nie  meer skeidsregter te speel nie.

Eendag as die kinders groot is, sal my sleutels nie meer wegraak nie; ons sal nie aanhoudend hoef te soek na alles nie; pa sal nie meer onskuldige vrae hoef te beantwoord soos: "Pa, is dit ´n sonde om 100 te ry in ´n gebied wat 90 gemerk is?"  Ek sal nie vir die nalatige lammetjie hoef te belowe dat ek die worshond nag sal soen nie.  Ons sal nie tot middernag wakker lê en tob totdat die kinders van hul partytjie huistoe kom nie.

Ja, eendag as die kinders groot is, gaan dinge baie anders wees.  Een vir een sal hulle die nes verlaat en vrede en orde sal oor ons huis neerdaal.  Die enigste geluid sal die gekraak van die plankvloer wees as ons die gang afstap.  Die selfoon sal vreemd stil wees....die huis sal stom wees....die kinders se kamers soos grafkelders.....die huis sal vol herrinneringe wees....en ons sal glad nie daarvan hou nie en vir onsself baie jammer voel.

Dan sal ons nie meer uitsien na "eendag" nie, maar met ´n pyn van verlange terugdink aan "gister"!  Ons sal die kinders mis en hulle bel net om weer ´n slag hul stemme te hoor.  Ons sal dink: miskien kom die kinders kuier, sodat ons die kleinkinders kan bederf en daar ´n bietjie lawaai in die huis kan wees.  Maar Paulus het gesê dat ´n mens tevrede moet wees met jou omstandighede.
Dan weer:  Paulus was nie getroud nie en het nie kinders gehad nie!